Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Groet en ontmoet

Ons moes gister vir Rex weggee. Die nuwe huis waarheen ons trek, is in ‘n sekuriteitskompleks en die erf baie kleiner. Dit sal nie regverdig wees om ‘n German Shepherd in ‘n kleiner area aan te hou nie. Ons harte was maar seer.

Rex

Die lewe bestaan maar uit groet en ontmoet. Ons moes groet en Rex moes sy nuwe mense ontmoet.

Kyk net hoe gelukkig is Rex by sy nuwe huis!

Rex Eliserex-elise2.jpg


Leave a comment

Vader

Die woord “Vader” beteken: skepper, versorger, beskermer, verdediger, ondersteuner en aanmoediger. Dink bietjie aan jou pa. Sal jy sê dat hy al hierdie eienskappe (gehad) het?

Meeste vrouens wat met my kom gesels oor huweliksprobleme en probleme met die “eks”, vertel dat hulle mans nie onderhoud vir die kinders betaal nie en byna nooit die kinders sien nie. Pa’s is veronderstel om vir ons hier op aarde ʼn voorbeeld te wees van hoe God die Vader is. Geen wonder dat al hoe minder mense God beleef as ʼn liefdevolle en getroue Vader nie.

Jesus het die woord “Vader” 189 keer gebruik toe Hy hier op aarde was. Jesus was die perfekte Seun en sy pa die perfekte Vader. Ai, as ons maar net almal hierdie voorbeeld kon volg…


Leave a comment

Altyd baie om voor dankbaar te wees

Dit voel of daar meer lelik as mooi in die wêreld is. Meer om oor te worry as om oor gerus te voel. Dankie tog dat God altyd net goed is. Hy verander NOOIT (Maleagi 3:6). Maak nie saak wat in jou lewe aangaan nie, jy kan altyd vir God dankie sê vir die volgende:

Dat Hy regverdig is (Psalm 7:18)

Vir Sy goedheid en troue liefde, wat nooit sal ophou nie (Psalm 100 :4 en 5)

Dat die Vader jou gebede verhoor (Johannes 11:41)

Dat Jesus ons uit ‘n doodsbestaan verlos het (Romeine 7:24 en 25)

Vir die genade waarmee Hy ons oorlaai omdat ons met Jesus verenig is (1 Korintiërs 1:4)

Vir die oorwinning wat ons in Jesus Christus het (1 Korintiërs 15:57)

Dat Hy ons die krag gee en ons vertrou om in Sy diens te werk (1 Timoteus 1:12)

Dit is goed om die Here te dank – Psalm 92:1


Leave a comment

Christene en besigheid

Ons het ons huis verkoop. Een van die goed wat ons by die prokureurs moet indien is ʼn sertifikaat vir die elektriese heining. Ons gebruik dieselfde ou al vir ʼn paar jaar om hierdie heining reg te maak. Sedert 27 Augustus moes hy ʼn paar keer uitkom om probleme uit te sorteer en die heining op standaard te kry vir die sertifikaat. Saterdag het hy ʼn nuwe probleem ontdek en kwoteer ons R1500 om dit reg te maak. Die parte kos R675.99 en sy diens (labour) is R824.01. Ek was sommer vies. ʼn Spesifieke taak moet tog seker altyd ʼn spesifieke bedrag kos? Die bedrag is mos gekook om ʼn totaal van R1500 te gee? Wat my regtig teleurstel is eerstens dat ons in die laaste maand al R8780 aan hom moes betaal om die heining op standaard te kry, en tweedens dat die ou elke dag Bybelversies op Whatsapp stuur. Sekerlik behoort Christene nie mense so uit te buit nie?


1 Comment

Wat gaan jy agterlaat?

Die plafon van my studeerkamer het uitgeval. Wat ʼn gemors! Omdat ons binnekort na ʼn nuwe huis toe gaan trek, het ek die laaste paar dae sommer alles skoongemaak en in bokse gepak. Natuurlik was daar ʼn hele klomp goed wat lankal weggegooi moes word. Ek moes deur honderde CD’s, DVD’s en boeke gaan. Ek kon nie help om te dink dat al die goed wat vir my so kosbaar is, vir niemand anders iets beteken nie. As ek vandag sou doodgaan, wat los ek hier agter? Is dit iets wat ʼn verskil in ander mense se lewens gemaak het? Los ek iets met ewigheidswaarde agter, of net goed wat in die groot swart asblik gaan beland? Hmmm, wat gaan jy eendag agterlaat hier op aarde?

 


2 Comments

Troue liefde

Ek het die laaste maand meer probeer leer van wat die Bybel sê oor liefde. Met die hulp van e-Sword het ek al die verse gekry wat die woord “liefde” in het. ʼn Volle 314 verse in die 1983 Vertaling. Maar wat ek toe ontdek, het my sommer baie verras. In 56 van die verse word liefde elke keer saam met “trou” of “troue” genoem – so asof die twee woorde hand-aan-hand gaan. Die verklaring van hierdie “trou(e)” woord is: betroubaarheid, getrouheid, stabiliteit, waarheid.

Nou wonder ek maar net of soveel huwelike dalk ten gronde gaan omdat daar net gefokus word op liefde. Het ons dalk vergeet van die betroubaarheid (trustworthy, reliable) en getrouheid (faithful) wat hand-aan-hand met die liefde gaan?

 


Leave a comment

Agterstevoor geloof

An atheist’s view on life:

I will live my life according to these beliefs

God does not exist

It is just foolish to think

That there is a God with a cosmic plan

That an all powerful God brings redemption and healing to the pain an suffering in the world

Is a comforting thought, however

It is only wishful thinking

People can do as they please without eternal consequences

The idea that

I am deserving of hell

Because of sin

Is a lie meant to make me a slave to those in power

The more you have, the happier you will be

Our existence has no grand meaning or purpose

In a world with no God

There is freedom to be who I want to be

But with God

Everything is fine

It is ridiculous to think

I am lost an in need of saving

Lees nou van onder na bo om A Christian’s view on life te kry

 


Leave a comment

Jy kan God please – met Sy hulp

Ek dink een van ons Christene se grootste struggles is om God tevrede te stel. Veral in Paulus se briewe lees ons oor en oor dat ons moet ophou sonde doen. Maar ons word byna elke minuut van elke dag gekonfronteer met ons eie wil en behoeftes. Jy drink dalk net nog een “blymakertjie”, of knyp oë toe en koop daai mooi skoene op die (oorvol) kredietkaart. Sommer gou hierna kom die skuldgevoel. Jy voel dat jy God ALWEER gefail het. Jy weet dit was nie Sy wil nie (maar joune) en jy voel asof Hy nou kwaad is vir jou.

Maar daar is goeie nuus! Jy kan nie in jou eie krag die regte dinge doen nie – en God weet dit. Hy sê in Hebreërs 13:21 dat Hy ons toerus om Sy wil te kan doen. En dat Jesus die Een is wat dinge in ons laat gebeur waarvan God hou. Hierdie vers is ʼn groot verligting vir my. Hooplik vir jou ook.

Hebreërs 13:21 Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is (1983).